Upcoming Events

TWEE

~ sirkels ~

Break

23 Augustus 2018

Forest44 bied aan die Winter in die Woud Musiekfees 2018.

Kom skuif in voor die kaggel met ‘n lekker glas rooiwyn en luister na die weergalose Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers van TWEE se splinternuwe album, Sirkels.

Deure maak 18:30 oop en die vertoning begin 19:00.
Kaartjies kos R110 pp.

Daar sal ook heerlike Gourmet Burgers en Chips @ R80 te koop wees asook ‘n kontantkroeg.

Koop kaartjies by die deur of via EFT.
Ons bankbesonderhede is:
Acc: Forest 44
Bank: ABSA
Branch: 632005
Acc no: 4073082332
Stuur asb ‘n bewys van betaling na events@forest44 met jou [Van+TWEE] as verwysing.

Vir meer inligting kontak Samantha by events@forest44.co.za of bel ons by 021 88 00624 / 021 880 0293.

LENTE LANGARM

~ met DJ PG Sounds ~

Break

8 September 2018

Kom skud die winterwebbe van jou voete af by Forest44 se lekker Lente Langarm die 8ste September 2018. Dra ietsie fleurigs en kom sokkie saam soos in die goeie ou dae!

DJ PGSounds, Gideon Smit, gaan ons weer heerlik laat langarm, skoffel en litskud op die maat van die beste danstreffers van toeka tot nou.

Kaartjies is R250 pp en sluit ‘n spitbraaiete uit die boonste rakke in.
Deure open om 19:00 en aandete sal teen 20:00 reg wees.

Kontantkroeg beskikbaar.
R30 kurkfooi per bottel wyn.

Bespreek nou en koop kaartjies via EFT.
Ons bankbesonderhede is:
Acc: Forest 44
Bank: ABSA
Branch: 632005
Acc no: 4073082332

Epos asseblief ‘n bewys van betaling na events@forest44 en gebruik jou [Van+Lente] as verwysing.

Vir meer inligting kontak vir Samantha by events@forest44.co.za of
bel ons by 0218800624 / 021 8800293.